Search
RSS

New products

Oxford Mini Thesaurus 5th Edition

R 167.95

Penflex Whiteboard Marker Blue

R 9.20

Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek

Die Pharos Junior tweetalige skoolwoordeboek fokus op leerders van graad 4–7 en het 'n paar nuwe, unieke kenmerke. Die woordeboek bevat sowat 5000 trefwoorde en is geskik vir Afrikaans en Engels huistaal of addisionele taal. Van die kenmerke wat die gebruiker kan verwag, is: - Voorbeeldsinne; sinonieme en antonieme; homonieme en homofone; frases; idiome en spreekwoorde - Woordverdeling en klem; woordsoorte volledig uitgeskryf - Attributiewe vorm, trappe van vergelyking, meervoud, verkleiningsvorm, deeltjiewerkwoorde, verlede tyd - Inligtingskassies met verdere inligting oor grammatika, spelling en taalgebruik - Afleidings van basiswoorde met hul vertalings. Unieke kenmerke van die woordeboek is die byvoeging van woordsoorte se onderafdelings; intensiewe vorme; homofone en woorde wat dikwels verwar word by die betrokke inskrywing, plus die vertalings; en by diername, die versamelnaam, manlik en vroulik, woord vir die kleintjies en die dier se geluid.
R 165.00

Heart Of Darkness

This edition of Conrad's classic text has been designed to suit the needs of South African students and readers. Cultural background, as well as semantic and literary information has been provided. With the assistance of the introduction, the annotations and the critical debate, readers will find that the text enhances their reading experience and skills.
R 115.00

Van die Banke op die Planke

Die toneelstukke in hierdie boek kan met groot vrug in die klaskamer gelees en bespreek word, maar hulle is eintlik bedoel om opgevoer te word. Daar is iets vir elke smaak; skreeusnaakse geheime en misverstande tussen mense, die bekoring van Afrika-legendes en self 'n besoek van 'n ander planeet af. Om the help om elke toneelstuk beter te verstaan, is daar ook verklarings van moeilike woorde, interessante vrae en 'n hele verskeidenheid van aktiwiteite rondom die tema van die stuk.
R 191.00

Lotta se lewe 2: Bendes, swape en skape

Berenice Hoogenhout het ’n meisiebende begin en amper almal in die klas behoort daar aan. Almal behalwe Lotta en haar beste vriendin, Chantelle. Die bende noem hulleself Die Glamour Girls, maar Lotta noem hulle die Skaapkoppe omdat die swape almal soos lammetjies agter Berenice aanloop. Maar sy en Chantelle is nie jaloers nie, want hulle het hulle eie bende, Die Kwaai Konyne. En omdat hulle bende net twee lede het, het hulle vir Paul genooi om ook ’n lid te word, want hy het ’n boomhuis. Maar die Skaapkoppe is nie al bende wat met hulle moeilikheid soek nie; daar is ook die Rockers. Gaan Lotta hulle met haar Indiese blokfluit kan regsien? Of gaan daar al weer allerhande vreemde goed gebeur? Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
R 180.00
Categories
Filters
Sort
display